Thursday, June 21, 2018
Text Size

Die bestuurs-lede van die WBF het die week van 2 -5 Junie 2014 entrepreneurs opleiding sessies vir twaalf “Change Markers” studente aangebied.

Die Change Makers is ‘n projek wat deur die Kibbutz El-Shammah in Roodewal gedryf word. Die projek het ten doel om die huidige bende-verwante kwessies aan te spreek en die manne en vroue wat uit dwelms en bendes kom te help transformeer, deur geestelike, emosionele en fisiese ontwikkeling, sodat hulle terug kan gaan na hul familiies, gemeenskap en ‘n positiewe bydra maak.

Die opleiding was aangebied deur: Mnr Alec Goliath van Eagle Marketing – the Business Surgeon wat oor leierskap in besigheid geleer het, Me Petro van Wyk van Beirowplas het haar ervaring as ‘n plaaslike entrepreneur in “groen” besigheid gedeel, Mnr Marco Adams, voorsitter van die Breedevallei Informele Handelaars Vereniging het oor sy familie vis-smous bedryf gedeel en hoe om as informele handelaar ‘n besigheid te begin, Mnr Nik Wullschleger van BolandEnviro het gepraat oor hoe om goeie besigheids-idees te identifisieer, terwyl Mnr Siphiwo Mavumengwana van die Gabane Group het oor die meer formele vorms van kleinsake gedeel. Dankie aan APL en Judy Guntelach en Anton van Wyk van YWAM wat die groep gehelp het om die “Strength Finders” aanlyn toets te neem.

WBF Login